Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 33 VAN 39

Week 5: “Sê u dit uit u eie, of het ander mense dit oor My aan u vertel?”

In the stillness, your voice calls out,

“Who do you say that I am?”— a gentle, loving invitation.

In sacred moments, You weave through my life,

A light breaking through the fog, igniting my heart.

Each struggle and triumph, a tender embrace,

In whispers of pain, I sense your grace.

You guide me to carry my cross, to ascend,

In losing my life, I discover you, Jesus, my friend.

You reveal my worth deep within my soul,

In your presence, I find I am whole.

And here I linger, where truth intertwines,

You are Jesus, Son of God, my companion, forever divine.

- J Heystek

"Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode? Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê? Pilatus antwoord: Is ek dan 'n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen? Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem"

- Johannes 18:33-37 (AFR53).

Ons het baie keer 'n vals beeld van God en hierdie beeld vorm ons verhouding met Hom. Hierdie valse idees word geskep uit ons grootwordjare, ons samelewing of persoonlike ervaringe en ons lyding. Sommige mense sien die beeld van God as afwesig, onbetrokke of as ‘n verskriklike regter. En hierdie wanbegrip word ‘n struikelblok tot ons geestelike groei en vorming omdat dit nie in pas met die ware aard van God is wat in Jesus geopenbaar word nie.

Tydens Lydenstyd word ons uitgenooi om hierdie valse beeld te beoordeel en te vervang met meer akkurate en Bybelse weergawes van wie God is. Jesus is die volmaakte beeld van God. Hy sê self: "Wie My sien, sien die Vader". Hierdie week se uitnodiging is om in diepte na die karakter van God te kyk en – deur Jesus – die ware God te sien. ‘n Betrokke, liefdevolle en omgee-Vader, een wat na ons toe kom om te wees wat ons nie kan wees nie en te doen wat ons nie kan doen nie.

Refleksie: Is daar 'n valse beeld of idee van God wat jy saam met jou dra? Hoe beïnvloed dit jou verhouding met Hom? Hoe reageer jy op Jesus se vraag: “Wie sê jy is Ek?”

Gebed: Here, help my om diep bewus te wees van die ware beeld van God.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com