Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 34 VAN 39

"En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus"

- Markus 8:29 (AFR53).

Baie van ons worstel met die idee dat God 'n "vader" is as gevolg van vorige ervarings of oor ons beeld van aardse vaders. Miskien was hulle afwesig, hardhandig of liefdeloos. Hierdie verwronge beeld kan oorgedra word na ons geestelike lewens, wat veroorsaak dat ons God op dieselfde manier sien. Soos Jesus egter in die gelykenis van die verlore seun openbaar (Luk 15:11-32), is God 'n Vader wat met ope arms na ons toe hardloop, gretig om ons terug te verwelkom wanneer ons afgedwaal het. Hy is nie veraf of onverskillig nie; maar Hy is diep betrokke by ons lewens en het behae daarin om aan ons genade en deernis te betoon.

Lydenstyd is ‘n tyd om na te dink oor hoe ons God sien en om ons harte toe te laat om Hom as 'n liefdevolle Vader te omhels. Deur Jesus se vraag te beantwoord, “Wie sê jy is Ek?”, word ons genooi om te bevestig: “U is my liefdevolle Vader, altyd gereed om my te omhels.”

Refleksie: Hoe beïnvloed jou verhouding met jou aardse vader jou beeld van God? Sien jy God as liefdevol en betrokke, of ver en hardvogtig? Hoe kan jy jouself oopstel vir die waarheid van God as 'n liefdevolle Vader tydens Lydenstyd?

Gebed: Here, help my om diep bewus te wees van die ware beeld van God.

Dag 33Dag 35

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com