Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld
Week 4: Waarom slaap julle?
If only for once it were still.
If the not quite right and the why this
Could be muted, and the neighbor’s laughter,
And the static my senses make –
If all of it didn’t keep me from coming awake-
Then in one vast thousandfold thought
I could think you up to where thinking ends.
I could possess you,
Even for the brevity of a smile,
To offer you
To all that lives,
In gladness.
- Rainer Marie Rilke
"EN Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied! En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie"
- Lukas 22: 39-46 (AFR53).
Ons is nou saam met Jesus net voor sy inhegtenisneming. Hy weet sy tyd het gekom om te sterf en Hy beleef intense emosies. Net een keer, hier, word daar gesê dat Hy in ‘n uiterste stryd (agonia) was. Dit is hier waar Hy baie kwesbaar raak en uitreik na sy volgelinge wat by Hom is en hulle vra om saam met Hom wakker te bly, want Hy kry baie swaar. Hy sê vir hulle dat Hy hartseer en angstig is (Matteus 25:37,38 AFR53). Hulle raak egter aan die slaap en kon nie daar wees vir Hom nie. Hy vra hulle weer om wakker te bly en saam met Hom te bid. Maar … hulle raak weer aan die slaap … van hartseer. Hy maak hulle weer wakker en vra hulle: “Wat slaap julle?” (Lukas 22:46 AFR53).
Jesus nooi hulle uit om soos Hy …
- Gewoontes aan te leer en te beoefen vir geestesdoeleindes (bv. Verplasing, na die tuin te gaan, ‘n ruimte te skep, die tyd daarvoor afstaan om te veg, te bid ens.)
- Bewus te word van alles wat is en besig is om te gebeur. Dit is ‘n groot oomblik waarin hulle hulself bevind en hulle is onbewus daarvan. Die Vader is besig met sy verlossingsplan.
- Om mee te gee en saam te werk om die wil van die Vader te laat geskied.
Jy word uitgenooi om hierdie week by Jesus te wees en te leer om wakker te word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com