Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld
“Hy stuur toe twee van sy dissipels met die opdrag: 'Gaan stad toe. Daar sal julle ’n man sien wat ’n kruik water dra. Gaan agter hom aan en waar hy indraai, moet julle vir die huiseienaar sê: ‘Die Leermeester vra: Waar is die gastekamer waar Ek die Paasfees saam met my dissipels kan geniet?’ Dan sal hy vir julle ’n groot bovertrek wys wat klaar gereed staan. Dáár kan julle vir ons die maaltyd voorberei.'"
- Markus 14:13-15 (NLV)
Jesus weet dat Hy in die laaste dae van sy lewe op aarde is. Stel jou vir 'n oomblik voor wat Hy moontlik gedink en gevoel het. Hy verstaan wat vir Hom voorlê. Hy het gekies om hierdie lewe te aanvaar. Hy berei Homself nou voor. Hy berei sy dissipels voor (dié vir wie Hy lief is en omgee).
Dikwels, wanneer ons onsself in moeilike en uitdagende tye bevind, slaan ons die deur toe en trek die gordyne toe, soos die digter in die bostaande gedig uitbeeld. Ons kies om ons te verberg en te bedek – selfs van onsself. Waarheen gaan jy wanneer jy lyding ervaar? Miskien ontkenning, onderdrukking of ontvlugting? Jesus wys ons dat daar ‘n ander pad is. Wetende wat kom, gaan Hy na 'n plek van vertroosting in gemeenskap – gemeenskap met God en gemeenskap met ander. Hy maak reëlings vir 'n vertrek om die laaste maaltyd te geniet waar Hy 'n diepe verbintenis met sy Vader en sy vriende kan ervaar.
Wanneer ons na Jesus se lewe kyk, om meer soos Hy te leef, besef ons dat ons nie alleen deur lyding hoef te gaan nie. Liefde volhard. Hy vind ons, altyd.
Refleksie:
Jy word uitgenooi om 'n plek te vind waarheen jy gedurende hierdie Lydensreis kan terugkeer.
Kry 'n plek waar geen afleidings is nie en waar jy met Jesus en met jouself kan kontak maak.
Jy mag dalk tyd wil neem om hierdie plek voor te berei en sekere elemente van jou eie geestelike reis daarby te voeg. Dit kan simbole, 'n kers, 'n foto of 'n voorwerp insluit wat jou aan 'n ontmoeting met God herinner.
Vandag, wanneer jy hierdie plek betree, kan jy daaroor nadink dat jy nooit eerste by hierdie afspraak se tyd en plek aankom nie. Jesus is altyd daar, in afwagting – gretig om te verbind/kontak te maak, gereed om te luister.
Gebed: Jesus, ek bid vir genade om 'n diepe bewustheid van u teenwoordigheid in my lewe te kry. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com