25 Dae tot KersfeesVoorbeeld

25 Dae tot Kersfees

DAG 9 VAN 25

Waarom het die priesterhoofde en skrifkenners nie saamgegaan om Jesus te gaan sien nie?

Wel, hulle het eenvoudig nie belanggestel om Jesus te ontmoet en te aanbid nie. Daar is twee soorte mense wat nie vir Jesus as koning ontvang en erken het nie. Hierdie is die eerste soort. Die priesterhoofde en skrifkenners was eenvoudig ongeërg. Hulle het nie belangstel nie. Hulle was tevrede met hulle eie roetine, hulle aansien, hulle gemak.

Die tweede soort mense wat Jesus nie as koning erken en ontvang het nie, was mense wat deur Jesus bedreig gevoel het. Jesus se geboorte het vir Herodus bedreig laat voel. Hy het natuurlik politieke redes gehad. Hy, soos baie ander mense deur die verloop van die evangelie, het verwag dat Jesus 'n aardse politieke koning sal wees.

'n Wanbegrip van wie Jesus is en die rede vir sy koms na die aarde toe, is vir baie ‘n struikelblok. Die reaksie is dan gewoonlik vyandigheid.

Hierdie twee reaksies, ongeërgdheid en vyandigheid, is vandag nog struikelblokke wat vir baie mense keer dat hulle Jesus nie sien vir wie Hy werklik is nie. Dit lei daartoe dat hulle Hom nooit werklik ontmoet nie en nooit, in Hom, die geskenk van die ewige lewe en 'n verhouding met God ontdek nie.

In teenstelling met die priesterhoofde en skrifkenners leer ons hierdie les by die sterrekundiges. Die les is dat ons ons harte moet instel om Hom te bly soek, om Hom ten alle koste te sien vir wie Hy werklik is en wanneer ons Hom só sien, Hom te aanbid.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

25 Dae tot Kersfees

Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/