25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Jesus is die "Middelaar van ’n voortrefliker verbond" (Hebreërs 8:6b NLV), maar wat beteken dit? Jesus het ons deur sy bloed vrygekoop van sonde en die dood (die bloed van Jesus verwys na sy verlossingswerk aan die kruis op Golgota). Hy het die vereistes van die wet vervul. Hy het ons bevry van die mag van sonde en die dood. Hy het ons kinders van God gemaak. Hy het die beloftes van God vervul.
Hierdie nuwe verbond is nie nóg 'n stel wette en vereistes nie. Dit bring ons in 'n lewende en werklike verhouding met God die Vader. Dit verander ons lewens volkome. Dit is nie nóg iets wat ons moet doen nie, nee – dit maak ons kinders van God. Ons word iets wat ons nog nie was nie.
Hierdie nuwe verbond is ingestel met die bloed van Jesus. Dit word bewerkstellig deur die Heilige Gees en word deur geloof ontvang.
"Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het – Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het – julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen" Hebreërs 13:20-21 (NLV).
Die frase "julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer", beskryf wat gebeur wanneer ons in hierdie nuwe verbond leef. Deur Jesus is die wette van die Ou Testament vervul en nou skryf God sy wet – met ander woorde, sy wil vir ons – op ons harte.
Kersfees is nie net 'n vervulling nie, dit is ook 'n besef van die werklikheid dat ons nou, as gevolg van Jesus en sy bemiddeling, anders is en anders leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/