25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
In die Ou Testament het God vir Josef gebruik om die volk van Israel deur 'n komende droogte van voedsel te voorsien. Om dit te doen, het God vir hom 'n hoë posisie in die farao se paleis gegee. Om daar uit te kom, moes hy egter 'n slaaf word. Nadat hy as slaaf gedien het, moes hy ook nog eers 'n gevangene word.
Dit alles was 'n deel van God se plan gewees. Ons lees in Psalm 105:17 (NLV): "Hy het iemand vooruitgestuur: Josef, wat verkoop is as slaaf." Josef sê self aan sy broers: "Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef" Genesis 50:20 (NLV).
Vir Josef was dit 'n moeilike en 'n onwaarskynlike, pad na 'n posisie van erkenning en mag.
Ons kan in Josef se verhaal die skaduwee sien van wat Jesus se lewe ook later was. Jesus het Homself prysgegee en het ‘n "slaaf" geword (vers 7). Hy was slegter af as bloot ’n gevangene. Hy was 'n gevangene en ter dood veroordeel. Maar! Maar! "Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog ..." Filippense 2:9a (NLV).
Romeine 8:17 (NLV): "En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid." Aan ons word ook heerlikheid beloof, maar net as ons bereid is om soos Josef en Jesus, terugslae en teleurstellings in hierdie lewe, ook aan die Here toe te vertrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/