25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Sonde is Satan se besigheid. Hy haat die skoonheid en heiligheid van God se heerlikheid. Hy probeer ons voortdurend aankla. Hy probeer ons aan ons sondes herinner en hy probeer ook om die feit dat ons gesondig het, en nog gereeld wroeg met sonde, voor God die Vader te lê.
Kersfees is goeie nuus vir almal. "Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal" 1 Timoteus 1:15 (NLV).
"Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig" 1 Johannes 3:8b (NLV).
Kersfees is goeie nuus. Jesus het gekom om met sonde, aanklag en ook die mag van die vyand af te reken.
Kersfees gee en ontvang ons graag geskenke. Het jy al gesukkel om 'n geskenk te kies vir iemand wat blykbaar alles het, of dalk iemand wat baie meer vermoënd as jy is? Wat kan jy vir so 'n persoon gee? Nog 'n belangriker vraag sal wees, wat kan ons vir God gee?
Wat Hy begeer is nie iets wat ons kan koop en verdien nie. Ons kan nie vir Hom iets van waarde gee nie, want Hy besit alles. Ons kan sy genade ontvang, dankbaar daarop reageer en Hom waardig ag – om God waardig te ag is die kern van aanbidding – dit is wat sy hart begeer. Hy is ons hemelse Vader en wat Hy vir ons begeer is dat ons in vergifnis sal leef, dat ons daarvoor dankbaar sal wees en dat ons Hom sal sien en erken vir wie en wat Hy is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/