25 Dae tot KersfeesVoorbeeld

25 Dae tot Kersfees

DAG 22 VAN 25

Jesus het aarde toe gekom deur 'n maagdelike geboorte. Dit alreeds is 'n geheimenis ('n misterie), maar daar is baie meer daaraan as maar net dit. Jesus se geboorte is ook die inkarnasie – die Seun van God wat mens word om die verlossingsplan van God die Vader gewillig uit te voer. Dit verg van hom 'n vernedering en die pyn wat ons soms op aarde beleef. Hy het swaargekry, is vals aangekla, veroordeel, gevange geneem, gemartel en wreed ter dood veroordeel. Uiteindelik het Hy gesterf.

In vreemde kontras met die bogenoemde, het Jesus ook sy mag oor die skepping en omstandighede gewys deur die baie wonders en tekens wat Hy gedoen het. Hy het dit gedoen as aanduiding dat Hy baie meer as net maar nog 'n mens is.

Dit was die openbaarmaking van wie Jesus werklik is. Hy het dit gedoen sodat mense in Hom sal glo, of dan in Jesus se woorde: "... sodat julle tot die geloof kan kom ..." Johannes 30:31b (NLV).

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

25 Dae tot Kersfees

Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/