25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Johannes, die Doper, het die pad vir Jesus voorberei. Hy het die harte van die mense van Israel voorberei vir die koms van Jesus. Dit wat Johannes die Doper in daardie tyd vir die mense van Israel gedoen het, kan Advent (die aanloop tot Kersfees) vir ons ook doen, dit kan ons harte voorberei om Jesus opnuut weer te waardeer, te aanbid en as Koning en Here te ontvang.
Kom ons oordink ...
Eerstens het ons 'n Verlosser nodig. Redding kom nie van onsself af nie. Die feit dat die Bybel Jesus voorstel as Verlosser, dui onmiddellik aan dat verlossing van elders as ons onsself kom. Ons moet gered word. Op ons eie is ons verlore. Ons moet staat maak op Jesus wat ons kan red. In Lukas 2:11 (NLV) sê die engel in die gedeelte aan die skaapwagters, "Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!"
Tweedens moet ons ons harte deursoek en voorberei. Laat elke hart vir Hom voorberei en ruimte maak. Psalm 139:23-24 (NLV): "Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad."
Derdens, moet ons 'n God-gesentreerde en Woord-gefundeerde afwagting in ons huise skep in die aanloop tot Kersfees. Nostalgie, vakansie atmosfeer, kinders se opgewondenheid is alles deel van Kersfees. Kom ons maak 'n punt daarvan om dit te geniet, maar kom ons kyk verder en skep ook die verwagting by almal dat ons die koms van Jesus herdenk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/