25 Dae tot KersfeesVoorbeeld
Dit was die gebruik in antieke tye om 'n gesiene persoon, soos 'n koning, met 'n geskenk te vereer. Dit was 'n aanduiding van ontsag vir die persoon aan wie die geskenk gegee is.
Dit was nie om die geëerde persoon te seën met iets wat hom kan help nie. Gewoonlik was die gewer van 'n laer stand en met minder finansiële vermoë as die ontvanger. Dit was ook nie 'n omkoopgeskenk nie. Die geskenke was om eer aan 'n koning te betoon. Dit is 'n mooi prentjie van ware aanbidding, om waarde aan Jesus toe te skryf, om Hom as waardig te sien en te ag.
Verder is daar nog iets om by die sterrekundiges te leer. Ons weet nie hoeveel sterrekundiges daar was nie. Die prentjie wat baie van ons het, is dat daar drie sterrekundiges (wyse manne) was. Daar is geen aanduiding in die teks van hoeveel wyse manne daar was nie. Hulle het wel drie soorte geskenke gebring – goud, wierook en mirre.
Daar is 'n spesifieke verband met elk van die drie soorte geskenke. Goud word met koningskap verbind. Wierook met aanbidding – die erkenning dat Jesus God is. Mirre word met lyding verbind. Dit was die gebruik om 'n dooie liggaam daarmee te balsem.
In hierdie verbintenisse sien ons Jesus as die Seun van God wat mens geword het. Hy het sy koninkryk op aarde kom vestig. Dit het Hy gedoen deur te ly en sy lewe as 'n losprys vir ons te gee.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/