God se vaders - vrae vir vadersVoorbeeld
Leer jy jou kind om rein en heilig te lewe, en te vergewe?
"Vaders is vir hulle seuns ’n sieraad" (The glory of a son is his father) (Spreuke 17:6b).
Leer jy jou kinders om reg teenoor iemand van die teenoorgestelde geslag op te tree? Om hulle met respek te behandel?
Leer jy hulle om alle mense te respekteer en hulle as God se skeppings te sien, wat net so waardevol soos hulleself is?
Leer jy jou kind om te vergewe en om vergifnis te vra wanneer hulle iets verkeerd doen?
Leer jy jou kind om nederig te wees, nie groot te praat en hoogmoedig te wees nie?
Vra jy vir jou kind om vergifnis wanneer jy verkeerd opgetree het? Glo my, almal van ons tree van tyd tot tyd verkeerd op. Jou kind sal nie minder van jou dink indien jy om vergifnis vra nie. Inteendeel.
Wat leer jy jou kind oor mislukking?
Leer jou kind dat waarheid nie onderhandelbaar is nie? Om nie te lieg nie en so te lewe dat dit nie nodig is om te lieg nie?
Leer jy jou kind om nie kompromieë aan te gaan nie?
Sal jou kinders 40 jaar van nou af graag by jou wil kom kuier – in die lig van hoe jy daagliks teenoor hulle optree?
Tree jy beleefd en met respek teenoor jou seun op – hanteer jy hom soos ‘n man en laat jy hom soos ‘n man voel? Of is hy die fokus van spot, venyn en sarkasme? Verneder jy jou seun voor ander mense – vertel jy vir ander van sy swak punte en mislukkings?
Hoe laat jou optrede en woorde jou dogter voel? Spesiaal? Sal sy voel sy hoop haar man praat en behandel haar eendag soos wat jy met haar praat en haar behandel?
Watter vyf positiewe dinge, dink jy het jy jou kind geleer? Watter vyf dinge het jy tot op hede by jou kind geleer?
Hoe dissiplineer jy jou kinders? Met geweld, deur hulle te verneder, te beledig, met ongeduld en onredelikheid? Slaan jy hulle? Dreig jy hulle?
Skreeu jy op jou kinders? Dink jy God wil hê jy moet op hulle skree? Skree God op jou?
Hou jy jou woord? Weet jy van gevalle waar jy nie jou woord gehou het nie? Gaan maak dit reg indien moontlik of gaan vra om vergifnis.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com