God se vaders - vrae vir vadersVoorbeeld
Godvresende vaders leef vanuit die karakter van God
"Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood" (Filippense 3:10-11).
Godvresende vaders word herken aan ‘n lewe wat die karakter van God die Vader weerspieël. Kinders wat die karakter van God die Vader in hulle eie vaders kan sien, vertrou Hom makliker, loop naby Hom, glo Hom, vrees Hom nie, glo sy beloftes en reageer makliker op sy bevele.
Godvresende vaders bestudeer die karakter van die Vader. Die karakter van God die Vader is deurdrenk van heiligheid. Die heiligheid van die Vader is die enigste karaktertrek van die Vader wat nie regtig in woorde beskryf kan word nie. Daarom roep die engele wat rondom die troon van God staan, vir miljoene jare steeds in verwondering “Heilig, heilig, heilig is die Here God almagtig” (Openbaring 1:6). Vaders wat naby God leef, word geheilig deur hulle nabyheid aan God.
Kinders vrees nie God se heiligheid nie. Hulle word daardeur aangetrek, behalwe wanneer heiligheid met valse vroomheid verwar word.
Vaders onderrig hulle kinders oor Jesus. Hulle vertel hulle kinders die verhale van Jesus se lewe. Hulle leer hulle kinders dat hul enigste begeerte moet wees om “Jesus te ken” (Filippense 3:10). Hierdie vaders leef volgens die bevele van Jesus en leer hulle kinders om daardie bevele te gehoorsaam.
Vaders leer hulle kinders hoe belangrik dit is om mense van Jesus te vertel en dat ons alleen deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus in die hemel kan kom. Vaders leer hulle kinders om te bid en hoe om die Bybel te lees.
Vaders leer hulle kinders hoe om siele-wenners te wees. "Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre" (Daniël 12:3).
Godvresende vaders maak dissipels van hulle kinders. Hulle begelei hulle van kleins af in dissipelskap totdat hulle self in staat is om van nuwe bekeerlinge, volgelinge van Jesus te maak.
Aangaande hierdie leesplan
Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com