God se vaders - vrae vir vadersVoorbeeld

God se vaders - vrae vir vaders

DAG 5 VAN 7

Respekteer jy jou kinders?

"Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie" (Spreuke 22:6).

"Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ’n pa sy kinders het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe ..." (1 Tessalonisense 2:11-12a).

Was jy by hulle eerste sportbyeenkoms, redenaarskompetisie of prysuitdeling (al sou hulle net ‘n derde prys ontvang het)?

Is jy “die groot stilte” in die huis? Jy is daar, maar jy praat nie. Jy praat nie as jy ‘n vraag gevra word nie. Jy is daar, maar net met jou eie goed besig? Is jy daar en omdat jy daar is, mag niemand lag en praat en musiek speel nie? Gaan die huis “dood” wanneer jy by die deur instap?

Is jy onredelik? Het jy onredelike verwagtings van jou kind? Jy was ‘n goeie lang afstand atleet en jou kind neem viool as vak by die skool en dit is nie vir jou aanvaarbaar nie!

Is jy inkonsekwent met jou besluite? Weet jou kinders wat hulle kan verwag en hoe jy gaan optree? Of hang alles maar net daarvan af hoe jy op daardie stadium voel?

Luister jy as hulle praat én reageer jy?

Waarom sal jou kind naby jou wil wees? Is dit omdat dit vir hulle lekker is om by jou te wees?

‘n Klein seuntjie het gehoor hoe sy pa sê: "My tyd is geld." Op ‘n dag het die seuntjie vol hoop in sy oë by sy pa se studeerkamer ingestap en R120 se 10 sente, 50 sente, een rande en vyf rande wat in ‘n bottel was, vir sy pa gegee. Hy het meer as ‘n jaar alles moontlik gespaar. Hy vra toe: Pappa, is dit genoeg om ‘n uur se tyd by Pappa te koop om saam met my die bal in die park te gaan skop?

Wat glo jou kinders oor hulleself? Hoeveel van dit wat hulle van hulleself dink, is as gevolg van jou woorde en optrede teenoor hulle?

Sê jy vir jou kinders wanneer jy iets by hulle geleer het?

Vra vir hulle wat daar in jou gedrag is waarvan hulle nie hou nie – en verander dit.

Betaal jy jou belasting (Romeine 13:6-7)?

Waarop spandeer jy jou geld? Sal jou kinders jou respekteer as hulle moet weet waarop jy jou geld spandeer?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God se vaders - vrae vir vaders

Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com