God se vaders - vrae vir vadersVoorbeeld

God se vaders - vrae vir vaders

DAG 2 VAN 7

Drie essensiële verantwoordelikhede van vaders

Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het… So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het (Psalm 78:3-7).

En dit is belangrik om te onthou: jou kinders verwag dit nie van jou as ‘n pa om volmaak te wees nie.

Daar is drie dinge wat ‘n kind by sy pa moet kry en hierdie drie dinge maak die verskil:

1.Jy moet tyd maak vir jou kind – om te speel, te gesels, te luister na hulle en vrae te vra oor hulle lewe. Niks daarvan kan gebeur as jy nie aktief tyd maak vir hulle nie. Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien (Psalm 103:13).

2.Jy moet hulle respekteer en hulle help om te verstaan hoe spesiaal hulle is. Alle kinders het spesiale en unieke eienskappe. ‘n Pa se verantwoordelikheid is om dit vir hulle te wys dat hulle onvervangbaar is. Paulus skryf: En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie (Efesiërs 6:4). Kolossense 3:21 gee verdere perspektief op die verhouding tussen vaders en kinders: Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.

3.Jy moet vir jou kinders verduidelik hoe God die Vader oor hulle dink. Jy moet hulle leer hoe Jesus oor hulle dink en dat Hy Sy lewe vir hulle afgelê het. Jy moet hulle leer dat die Heilige Gees in hulle wil kom woon.

Al volg jy net hierdie drie riglyne, sal jou kinders met hoop en vreugde kan lewe.

Daar is ‘n tragiese verhaal van een van die bekendste predikers en skrywers van die twintigste eeu en een van die mees “aangehaalde” persone in Christelike kringe. Die diepte in sy werk word vandag nog wyd gerespekteer. Sy vrou en sewe kinders (wat toe al reeds almal volwassenes wat) het gekies om nie sy begrafnis by te woon nie. Daar was geen trane by sy begrafnis nie. Sy vrou het gesê sy het nooit ‘n man gehad nie en die kinders het gesê hulle het nie ‘n pa gehad nie. Hy was die meeste van die tyd by die huis, maar nie “daar” nie.

Hoe sal jou vrou en kinders reageer wanneer dit jou begrafnis is?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God se vaders - vrae vir vaders

Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com