God se vaders - vrae vir vadersVoorbeeld

God se vaders - vrae vir vaders

DAG 3 VAN 7

Kan jou kinders God die Vader in jou sien?

"So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: Die Here sal julle seën, en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën" (Numeri 6:23b-27).

Watter karaktertrekke van God die Vader sien jou kinders in jou?

Bid jy vir jou kind se redding?

Bid jy so dikwels moontlik God se seën oor hulle?

Onderrig jy hulle oor God die Vader? Oor Jesus? Oor die Heilige Gees?

Onderrig jy hulle oor die krag van die Heilige Gees? Kan hulle Jesus in jou lewe sien en hoe die Heilige Gees kragtig deur jou werk (Handelinge 1:8; Efesiërs 5:18)?

Leer jy jou kind om na die wil van God te soek en nie sommer net hulle eie ding te doen nie?

Bid jy vir jou kind? Hoe dikwels? Bid jy “genoeg” om van jou seun ‘n Godsman te maak? Van jou dogter ‘n Godvresende vrou?

Onderrig jy jou kind hóé om te bid, hoe om met God te praat en na Hom te luister?

Is jou woorde waar en betroubaar – kan jou kinders jou woorde vertrou? Hou jy jou woord wanneer jy ‘n belofte aan hulle of ander mense gemaak het?

Leer jy jou kinders dat daar dinge in die lewe is wat nie onderhandelbaar is nie? Die wêreld sê: Elke ding het ‘n prys. Gee genoeg geld of voordeel en mense sal alles prysgee om dit te verkry. Leer jy jou kinders dat daar dinge is wat, ongeag wat die verkoopprys of aanbod is, nie gekoop of verkoop kan word nie? Daar was ‘n dag toe die duiwel in die woestyn vir Jesus kom sê het dat hy vir Hom alle rykdom en die "al die koninkryke van die wêreld sal gee". "Al die mag en majesteit", as Jesus net voor hom sou neerbuig en hom aanbid. Jesus het geantwoord: "Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien" (Lukas 4:5-8).

Vra jou kinders, as hulle ‘n pa was, wat die belangrikste ding is wat hulle sou doen?

Probeer jy jou kinders help om so goed as moontlik te kan presteer? Of is jy voortdurend besig om hulle te vertel dat hulle nie goed genoeg is nie?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God se vaders - vrae vir vaders

Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com