God sal sorgVoorbeeld

God sal sorg

DAG 7 VAN 7

Vir die onregverdiges

Ons het dit nie verdien om verlossing te verkry deur Jesus nie. Ons verdien eintlik die ewige dood omdat ons skuldig is voor ’n heilige God. God het egter in sy genade tot ons redding gekom. Hy het die gevolge van ons sonde op Homself geneem en daarvoor aan die kruis gesterf sodat ons skoongewas is van ons onregverdigheid. Daarna het Hy die dood oorwin en opgestaan uit die dood sodat ons eendag vir altyd saam met Hom kan leef.

Petrus sê dat dit die waarheid is wat deur die doop verkondig word. Dit wat dood was in sonde is lewend gemaak in Christus. Dit wat verkeerd was in ons, is in Christus regverdig gemaak. Die straf wat ons moes kry, het Christus gedra. Jesus het dit gedoen sodat ons in God se teenwoordigheid kan wees.

Hoe kan jy God vandag loof vir sy werk van verlossing wat Jesus Christus aan die kruis gedoen het?

VRAAG VIR DIE DAG: As die Bybel sê die Regverdige het ter wille van onregverdiges gely, na wie verwys dit?
ANTWOORD: Jesus Christus

Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL-TRIVIA DAGBOEK © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God sal sorg

God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za