God sal sorgVoorbeeld

God sal sorg

DAG 4 VAN 7

’n Vroulike rigter

In die boek Rigters is daar ’n baie voorspelbare patroon: God se volk doen allerhande bose dinge, hulle word deur hulle vyande onderdruk, roep uit na God om hulle te red, en word dan gered deur ’n rigter wat deur die Here aangestel is. Een van hierdie rigters was ’n vrou genaamd Debora.

Debora het met Israel se leiers vergader, uitsprake gelewer in regsake en strategieë beplan vir oorlog. As ’n profeet het sy namens God gepraat en Israel gelei in die Woord van God. Israel se leëraanvoerder, Barak, wou selfs nie sonder haar teen die vyand gaan veg nie. Almal in Israel het haar vertrou en haar leiding gevolg. Israel het geleer om God weer te vertrou omdat Debora so ’n wyse en konsekwente leier was. Deur ’n dramatiese oorwinning oor die leier van die Kanaäniete was daar vir 40 jaar vrede in die land.

Hoe was Debora ’n voorganger van ons laaste Rigter, Jesus?

VRAAG VIR DIE DAG: Wat is die enigste vroulike rigter in Israel se naam?
ANTWOORD: Debora
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God sal sorg

God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za