God sal sorgVoorbeeld
Vreemde weer
Josua 10:14 sê oor die dinge wat hier gebeur het: “So ’n dag was daar nog nooit voorheen en nooit daarna nie.” Josua was in ’n baie moeilike situasie. Vyf vyandige konings het saamgespan en God se volk in Gibeon aangeval. Josua het gebid dat die Here vir Israel sou veg.
En die Here het dit beslis gedoen! God het die vyand verwar met vreemde weer. Hy het groot haelkorrels op hulle laat neerreën terwyl hulle gevlug het, en meer van die vyand is dood van die hael as in die geveg met Israel. God het ook die son laat stilstaan sodat die dag langer was en die vyand verslaan kon word en die vyf konings gevange geneem kon word.
Wat dink jy wou God bewys deur onnatuurlike en natuurlike weer te gebruik in die geveg teen Israel se vyande?
VRAAG VIR DIE DAG: (waar of vals) God het eenkeer die son en die maan laat stilstaan.
ANTWOORD: waar
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za