God sal sorgVoorbeeld

God sal sorg

DAG 3 VAN 7

Gesig op die grond

Die Filistyne het dapper gevoel. Hulle het die ark van die verbond by die Israeliete afgevat. Dit was die heiligste item in Israel en was ’n simbool van die Here se teenwoordigheid. Elke keer as die Israeliete die ark van die verbond by hulle gehad het in ’n oorlog, het hulle hulle vyand verslaan. In Samuel se tyd het die priesters egter korrup geraak en hulle verbond met God verbreek. Ons lees in 1 Samuel 4-5 dat God toegelaat het dat die Filistyne die Israeliete oorwin en die ark afneem.

Die Filistyne het die ark van die verbond in die tempel van hulle god Dagon gesit. Die volgende dag het die beeld van Dagon vooroor geval voor die ark van die verbond met sy gesig op die grond. Hulle het dit regop getel, maar die volgende oggend het die beeld weer op die grond voor die ark gelê. Hierdie keer het die kop en die hande van die beeld afgebreek. God het die Filistyne met ’n plaag en siekte getref totdat hulle vrywilliglik gekies het om die ark terug te stuur na die Israeliete.

Hou God op om God te wees as ons ontrou is aan Hom?

VRAAG VIR DIE DAG: Wat was die naam van die afgod wie se beeld op die grond voor die ark van die Here omgeval het?
ANTWOORD: Dagon
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God sal sorg

God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za