God sal sorgVoorbeeld
Brood uit die hemel
Die Hebreeuse woord “manna” beteken: “Wat is dit?” Toe God manna uit die hemel laat neerreën het in die woestyn, het die Israeliete nie geweet wat hierdie soeterige koekie-agtige brood is nie. Die Here het belowe om vir Israel te sorg terwyl hulle in die woestyn was. Hy het elke dag genoeg manna en kwartels voorsien sodat almal genoeg gehad het om te eet. Hy wou gehad het Israel moet op Hom vertrou om vir hulle te voorsien.
Jesus sou sy volgelinge later leer om te bid vir hulle daaglikse brood (Matteus 6:11). Hy het ook gesê Hy is die ware brood uit die hemel (Johannes 6:32) en die brood wat lewe gee wat uit die hemel gekom het (Johannes 6:51). Weereens wil die Here hê mense moet op Hom vertrou en Hom vra vir wat hulle nodig het – vir hulle lewe hier op aarde én vir die ewige lewe.
My Vader in die hemel, gee my vandag my daaglikse brood. Laat ek op U vertrou vir alles wat ek nodig het.
VRAAG VIR DIE DAG: Wat beteken die woord “manna”?
ANTWOORD: Wat is dit?
Aangaande hierdie leesplan
God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za