God sal sorgVoorbeeld
Ander klippies
Die verhaal van Dawid wat die reus Goliat verslaan, is een van die bekendste stories wat nog ooit vertel is. Dié verhaal wil wys dat God sterker is as enige mens, enige weermag of enige wapen. Dit is ’n verhaal wat ons leer om op te staan vir God, selfs wanneer dit lyk of alles teen ons tel.
Ons lees die storie in 1 Samuel 17: “Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan. Hy steek sy hand in sy slingersak, vat ’n klip daaruit, gooi dit met sy slingervel en tref die voorkop van die Filistyn. Die klip het in sy kop ingedring en hy het met sy gesig vooroor op die grond geval. So het Dawid met sy slinger en ’n klip die Filistyn oorwin” (verse 48 tot 50). Dawid het in God geglo. Hy het nooit eens die ander vier klippies in sy sak nodig gehad nie. Met God by hom was een klippie genoeg.
Het jy vandag ’n stryd wat vir jou voorlê? As jy vanuit God se perspektief daarna sou kyk, hoe sou dit die manier verander waarop jy die stryd aanpak?
VRAAG VIR DIE DAG: Dawid het Goliat met een gladde klippie doodgemaak. Hoeveel klippies was oor in sy sak?
ANTWOORD: vier
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za