God sal sorgVoorbeeld
’n Koninklike rit
Honderde jare voordat Jesus Jerusalem op die rug van ’n donkie binnegery het, het die profeet Sagaria al oor Hom gepraat. Sagaria se boodskap moes die mense van Israel bemoedig en vir hulle sê dat God hulle sou herstel. Israel was vir alle praktiese doeleindes vernietig. Die mense het teen God in opstand gekom, afgode aanbid, die land in twee koninkryke verdeel en is herhaaldelik deur hulle buurlande ingeval. Baie van die mense van Israel en Juda is dood of het verspreid gewoon oor die hele Midde-Ooste. God se belofte dat Israel ’n lig vir die wêreld sal wees en ’n bron van hoop vir die nasies het soos ’n veraf droom gevoel.
Sagaria het hoop voorspel. God sou hulle – sy volk – red. Wanneer hulle kyk na die Een wat hulle deurboor het, sal hulle oor Hom rou. Hulle sou egter nie sonder hoop wees nie. Daar sou ’n fontein ontstaan wat die huis van Dawid en die inwoners van Jerusalem sou skoonwas van hulle sonde en onreinheid.
Waar sien jy Jesus in hierdie bemoedigende Messiaanse boodskap in Sagaria?
VRAAG VIR DIE DAG: Waarop het Sagaria voorspel sou Israel se koning ry?
ANTWOORD: op ’n donkie
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het deur die Bybel op verskillende maniere vir sy kinders gesorg. Soms het Hy mense gebruik – mans, vroue en ook jongmense – en ander kere het Hy ongelooflike wonderwerke gedoen, alles om vir sy kinders te wys dat Hy by hulle is en hulle sal beskerm. Hierdie sewe dagstukkies, met ’n vraag aan die einde van elkeen, sal kinders en jong tieners meer leer oor God en die Bybel.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za