Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir MenseVoorbeeld

Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense

DAG 7 VAN 7

Hoe verkry ek bevryding van die gevoel dat ek onaanvaarbaar is?

Gaan direk na Jesus. Vergeet vir ‘n oomblik van mense. Kyk na die prys wat Hy betaal het aan die kruis en die bloed wat jou kan skoonwas. Aanvaar dit. Luister na sy stem wat jou roep om na Hom te kom. Moenie na jou gevoelens kyk nie. Kyk na die Een wat uitnooi. Kyk na die spykermerke in sy hande. Kyk na die leë graf. Hy het klaar vir jou sonde, bitterheid en haat betaal. Aanvaar dit.

Vergewe. Begin om een vir een die mense wat jou te na gekom het, uit jou hart te haal. Vertel die Vader wat hulle gedoen het. Vergewe hulle een vir een. Hanteer daardie persone of groepe egter een vir een. Spreek hulle vry. As die bitterheid en pyn môre terugkom, doen dit weer en weer. Doen dit totdat die mag van bitterheid en onwilligheid om te vergewe, gebreek het. Moenie ‘n gevangene wees van dit wat ander verkeerd gedoen het nie. Jy mag voel dit is onregverdig dat hulle nie “betaal” vir dit wat hulle verkeerd gedoen het nie. Onthou dan: dit is presies wat Jesus met jou gedoen het – Hy het jou nie laat betaal vir jou sonde nie. Inteendeel, Hý het vir jou betaal (Johannes 3:16 en 1 Johannes 3:5).

Skryf alle bewysevan dit wat mense teen jou gedoen het op ‘n papier neer. Alles wat jy kan onthou. Neem dit en verbrand dit of skeur dit op – dit is ‘n simboliese handeling, maar dit help mense dikwels om die verlede in die verlede te laat (Kolossense 2:14). Moenie die bewyse neem en dit in ‘n geestelike kluis gaan toesluit sodat jy dit weer kan uithaal “ingeval jy dit later weer gaan nodig kry” nie.

Bid vir die mense wat jou te na gekom het. Bid totdat jy met ‘n hart kan bid waar jou woorde en jou hart dieselfde sê en voel. Gaan dan een tree verder. Seën hulle. Spreek ‘n seën oor hulle uit (Romeine 12:14). God sal self besluit hoe om dit verder te hanteer.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense

Te dikwels voel mense hulle is onaanvaarbaar. Hulle voel soos mense wat buitekant die stadsmure lewe — daar waar alles is wat nikswerd is en alle rommel en vuilgoed uitgebrand word. Jesus het egter gekom om die poort na die stad oop te maak sodat ons weer in die stad kan inkom. Mag hierdie leesplan jou help om te weet dat God jou naby Hom wil hê.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com