Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir MenseVoorbeeld

Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense

DAG 2 VAN 7

Hy het die stadspoort oopgemaak sodat die wat anderkant die muur is kan inkom

Hoeveel mense is daar nie vandag buitekant die muur nie! Trouens, die grootste deel van die mensdom leef “buitekant” die muur. Sommige het al vir hulleself ’n eie stad gemaak en glo dat húlle binne die muur bly!

So baie mense gaan deur periodes waar hulle onaanvaarbaar voel. By die put het die Samaritaanse vrou (Johannes 4:1-39), iemand wat deur haar gemeenskap verwerp is, geestelik buitekant die “stadsmuur” gebly. Sy was onaanvaarbaar. Daar, “buitekant die muur”, het Jesus vir haar lewende water gegee. Sy het stad toe gehardloop en vir die mense wat haar nie aanvaar het nie, gesê: "Kom, ek het lewende water buitekant die muur gekry! "

Daar was ‘n dag waarop Jesus ’n kruis opgetel en doelbewus by die stadspoort uitgeloop het na die onreines en die vervloektes, om hulle vloek en onreinheid op Homself te neem. Die kruis het die “poort” terug na die stad oopgebreek. Die stadspoort is oop. Jesus het dit moontlik gemaak dat elke mens in die stad kan inkom — die plek van genade en aanvaarding.

Tydens die kruisiging het die voorhangsel, ‘n dik gordyn in die tempel wat die Heilige en die Allerheiligste geskei het – van bo tot onder oopgeskeur. Net die hoëpriester kon een maal per jaar in die Allerheiligste ingaan om versoening te gaan doen vir die Israeliete se sonde. God self het die gordyn geskeur en nou het almal van ons vrye toegang tot die troon van God. Elkeen wat sy sonde laat afwas het, het nou toegang tot die genadetroon van God. Almal mag nou direk met Jesus praat.

Vir die vrou wat op owerspel betrap is (Johannes 8:2-11), het Jesus gesê: "Ek veroordeel jou ook nie. Moenie verder sondig nie." Of as ons Jesus se woorde anders kan beskryf: "Ek nooi jou om binne die stadsmure te kom bly."

Jy sê dalk: "Maar jy weet nie wat ék gedoen het nie." Jy is reg, ek weet nie, maar Jesus weet. En Hý nooi jou.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ek Voel Ek Is Onaanvaarbaar Vir God en Vir Mense

Te dikwels voel mense hulle is onaanvaarbaar. Hulle voel soos mense wat buitekant die stadsmure lewe — daar waar alles is wat nikswerd is en alle rommel en vuilgoed uitgebrand word. Jesus het egter gekom om die poort na die stad oop te maak sodat ons weer in die stad kan inkom. Mag hierdie leesplan jou help om te weet dat God jou naby Hom wil hê.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com