Here, help my praatVoorbeeld

Here, help my praat

DAG 1 VAN 7

Dag 1: EK SUKKEL OM TE PRAAT

Toe sê Moses vir die Here: “Ag Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel” (Eksodus 4:10).

Hierdie gesprek tussen Moses en God is vir my vreeslik spesiaal, want dit wys vir my God se Vaderhart. Neem vrymoedigheid en sê vir Hom waarmee jy sukkel. Vertel Hom hoe jy voel wanneer jy voor mense moet praat of bid. God se antwoord vir Moses is vandag ook vir my en jou: “Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê” (Eksodus 4:12).

Moses was ook maar tipies mens. Sy selfvertroue was nog te min en sy vrees om voor mense te praat te groot. God was kwaad vir Moses omdat hy so gesukkel het om Hom te vertrou, maar hier is die belangrike deel: God maak ‘n plan en Hy stuur Moses se broer Aäron saam om die praatwerk te gaan doen. Hoor net God se antwoord in vers 15: “... Ek sal by jou wees as jy praat en by hom as hy praat en Ek sal julle leer wat om te doen.”

Wees altyd bewus daarvan dat God jou baie liefhet.Hy wil hê ons moet ons volle potensiaal uitleef. Daarom verstaan Hy as ons sukkel met ons geloof, ons swakhede en ons menswees. Gelukkig het Hy vir ons ‘n groot geskenk gegee. Ja, as jy jou hart vir Jesus gegee het, het jy dadelik God se Gees ontvang. Dis hierdie Heilige Gees wat ons leer wat om te doen en te sê in al die situasies in die lewe. Hy stuur ook mense op jou pad wat by jou inhaak, wat saam met jou bid en wat jou bemoedig en aanmoedig.

Soms weet ons nie wat om te bid nie. Veral as ons iets verkeerds gedoen het, hartseer of siek is. Ja, ons woorde raak gou op as ons moedeloos of depressief voel.

In Romeine 8:26 sê Paulus: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.”

GEBED: My Hemelvader, ek sukkel om te praat. Ja, om te bid is vir my moeilik. Dankie dat u Heilige Gees my daarmee help. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Here, help my praat

Sukkel jy om te bid of om met mense te praat? Dalk is dit vir jou moeilik om hardop te bid. Omdat God so lief is vir jou, het hy vir jou die Heilige Gees gegee om jou te help. Hy verstaan jou so goed — daarom het Hy alreeds die perfekte oplossing vir jou. Vertrou Hom daarvoor.

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za