Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 2 VAN 14

Is Ateïsme Meer Wetenskaplik?



Vir eeue lank is die wetenskap en godsdiens in 'n stryd gewikkel — en ons kan slegs afleidings oor God maak uit die tekortkominge in ons wetenskaplike kennis. Ten minste is dit wat Nuwe Ateïste ('n groep welsprekende, entoesiastiese en militante ateïste wat die afgelope jare 'n groot gehoor getrek het) wil hê jy moet dink. Is dit egter die volledige verhaal? Oorweeg net een wetenskaplike raaisel wat nie deur natuurwetenskap verklaar kan word nie, maar wat duidelik na God wys: die oorsprong van lewe.



Die probleem met die oorsprong van lewe, is basies 'n probleem met inligting. Met die ontdekking van die struktuur van DNS in 1953, het wetenskaplikes vir die eerste keer verstaan dat die samestelling en ontwikkeling van lewende wesens deur genetiese inligting bewerkstellig word. Dis hoekom die Nobelpryswenner, David Baltimore, in 'n toespraak, met baie aanhalings, na moderne biologie verwys het as 'n "wetenskap van inligting".



Hoeveel inligting kan in lewende wesens gevind word? Volgens Richard Dawkins is die inligting in 'n selkern van 'n klein amoeba groter as 'n volledige stel van die "Encyclopedia Britannica". *1 Die menslike DNS bevat oneindig meer. Tog doen DNS meer as net om inligting te stoor. In samewerking met ander sellulêre stelsels verwerk dit ook inligting, amper soos 'n rekenaar. Daarom vergelyk Bill Gates DNS met 'n rekenaarprogram, alhoewel dit meer gevorderd is as enige sagteware wat mense geskep het. *2



Ateïste erken wel dat hulle nie 'n idee het hoe lewe ontstaan het nie. Dawkins erken die verbysterende onwaarskynlikheid van die oorsprong van lewe, maar dan kom hy voor 'n dag met 'n ongelooflike oplossing: geluk. Ja, geluk.*3 Is dit regtig die mees redelike verduideliking? Kan inligting voortspruit uit 'n materiële proses wat onlogies en rigtingloos is?



Die inligtingsinhoud van DNS was een van die hoofredes hoekom voormalige ateïs Antony Flew sy denke oor God verander het. Hy het tot hiérdie gevolgtrekking gekom: "Die enigste bevredigende verduideliking van die oorsprong van sulke doelgerigte, self-dupliserende lewe, soos ons dit op die aarde sien, is 'n oneindig intelligente verstand."*4 As 'n boodskap met die moeilikheidsgraad van die "Encyclopedia Britannica" vanuit die buitenste ruimte opdaag, sou dit beslis as bewys van intelligente lewe in die buitenste ruimte aanvaar word. Die mees verstaanbare verduideliking van DNS — wat baie meer inligting as die "Encyclopedia Britannica" bevat — is 'n goddelike verstand.



1. Richard Dawkins, The Blind Watchmaker (New York: Norton, 1987), 17–18.

2. Bill Gates, The Road Ahead (Boulder, CO: Blue Penguin, 1996), 228.

3. Richard Dawkins, The God Delusion, 2de red. met voorwoord (New York: Mariner Books, 2008), 168.

4. Antony Flew en Roy Abraham Varghese, There Is a God: How the World’s Most Notorious Atheist Changed His Mind (New York: HarperCollins, 2007), 132.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid