Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 42 VAN 43

Leef 'n Lewe van Liefde

Lees: Matteus 22:34-40; Kolossense 3:12-14

SOAP: Matteus 22:37

"Jesus antwoord hom: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand."

Oordenking

Liewe vriendin, ons is geroep om God lief te hê met ons hele hart, siel en verstand – kortom, met ons hele lewe! Verder is ons ook geroep om ons naaste lief te hê soos onsself – en dit sluit ons huweliksmaat en kinders in. Ons is geroep om hulle lief te hê met 'n liefde wat geduldig en barmhartig is; wat alles verdra en alles hoop. Hierdie liefde verander ons daaglikse take in dade van aanbidding tot God en onbaatsugtige diens aan ons geliefdes.

Terwyl ons die vreugdes en uitdagings van moederskap navigeer, laat ons onthou dat God ons die vermoë skenk om ons kinders innig en onvoorwaardelik lief te hê. Hy vul ons met sy liefde sodat ons ’n bron van daardie liefde vir ons huisgesinne kan wees.

Wanneer ons elke dag ingaan met 'n hart wat daartoe verbind is om God ten volle lief te hê, verander dit ons hele dag en uiteindelik die manier waarop ons ons lewens leef. Wanneer ons kies om God lief te hê met ons hele hart, siel en verstand, kan sy liefde nie anders as om die lewens van ons kinders te oor vloei nie; wat hulle beïnvloed en 'n atmosfeer van warmte, aanvaarding en genade in ons huise skep. Wanneer ons God liefhet, sal ons ons kinders ook liefhê, wat dit weer vir hulle baie makliker sal maak om God self lief te hê.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die ongelooflike voorreg om 'n mamma te wees. Help my om U lief te hê met my hele hart, siel en verstand. Laat daardie liefde oorspoel in die lewens van my kinders. Leer my om u liefde in elke aspek van my moederskap te weerspieël. In Jesus se Naam. Amen.

Vraag

Hoe kan jy vandag doelbewus God se liefde aan jou kinders toon; wat die liefde weerspieël wat Hy jou in genade bewys het?

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid