Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 40 VAN 43

Leef 'n Lewe van Krag

Lees: 2 Petrus 1:3-11

SOAP: 2 Petrus 1:3

"Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag."

Oordenking

Liewe vriendin, om 'n lewe van krag te leef, gaan nie oor fisieke bekwaamheid of die vermoë om alles op ons eie te kan hanteer nie. Dit gaan ook oor deursettingsvermoë – daardie diep, onwrikbare toewyding om op koers te bly, gewortel in ’n blywende geloof.

In ons rolle as moeders, susters en vriende word ons geroep om geestelike vegters te wees. Dit gaan nie net daaroor om ons gesinne fisiek te beskerm en te koester nie, maar ook op ‘n geestelik gebied. Ons vind ons ware krag in God. In Hom vind ons die krag om lewens te lei wat Hom eer bring.

In die eerste plek vertoon ons hierdie vermoë deur ons eie verhouding met Jesus te kweek. Ons kan nie die waarhede en liefde van Christus uitstort, indien ons nie toelaat dat Hy ons vul nie. Ons straal ook hierdie krag uit deur vir ons kinders te bid, deur hulle met die Woord van God aan te moedig en deur hulle lief te hê tydens sukses en mislukking. Dit is in hierdie dade van getrouheid dat ons vir ons kinders wys wat dit beteken om op God te vertrou, krag uit Hom te put en op sy plan te vertrou, selfs te midde van die lewe se storms.

Mag ons nooit vergeet dat die krag wat ons elke dag nodig het van ons Hemelse Vader kom nie. Dit is sy krag wat ons in staat stel om te volhard, vas te staan in die geloof en om sy liefde en genade met ons gesinne en gemeenskappe te deel.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die krag wat U in elke faset van my lewe gee. Help my om 'n lewe van volharding te lei, gewortel in u krag. Mag my dade en woorde 'n getuienis wees van u krag; in my ondersteuning en liefde vir diegene wat U in my lewe geplaas het. Amen.

Vraag

Hoe kan jy vandag God se krag in jou lewe toon, veral in oomblikke wat deursettingsvermoë en geloofsvertroue vereis?

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid