Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 39 VAN 43

Leef ’n Lewe van Oorgawe

Lees: Lukas 1:38; Lukas 9:23-24; Matteus 6:10

SOAP: Matteus 6:10

"Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel."

Oordenking

Liewe vriendin, die pad van oorgawe is nie altyd maklik nie, veral in ons wêreld wat dikwels beheer en selfgenoegsaamheid waardeer. Oorgawe aan God se wil bring ’n dieper vrede en vreugde as wat ons ooit op ons eie kan vind.

In die pragtige, dog eenvoudige gebed, het Jesus sy dissipels geleer dat daar ’n diepgaande oproep tot oorgawe is – om God se wil in ons lewens te laat geskied, so perfek soos dit in die hemel is. Hierdie oorgawe beteken om Hom te vertrou met ons hoop, drome en die alledaagse besonderhede van ons lewens.

As ma’s, vrouens, susters en vriende, beteken dit om ’n lewe van oorgawe te leef en om te erken dat God se planne vir ons en ons geliefdes beter is as enigiets wat ons kan bedink. Dit is in die daaglikse oomblikke van loslaat en God die leiding laat neem waar ons werklik vryheid vind.

Hoe vreemd dit ook al klink, dit is in oorgawe dat ons die krag vind om ons uitdagings die hoof te bied en die genade om ons vreugdes te omhels. Dit is ’n daaglikse besluit om te sê: “Here, nie my wil nie, maar U wil geskied.” Hierdie daad van vertroue bring ons in lyn met die hart van God.

Kom ons moedig mekaar dus aan om oorgegewe lewens te lei, met die vertroue dat God goed is, sy planne volmaak is en sy liefde vir ons onfeilbaar is. In oorgawe vind ons ons ware self – geliefd, gekoester en vergewe deur ’n Vader wat die beste vir ons wil hê.

Gebed

Here, help my om ’n lewe van oorgawe aan U te lei. Leer my om op u wil te vertrou en om u planne vir my en my gesin te omhels. Mag my hart altyd die gebed weerklink: "U koninkryk kom. U wil geskied." In Jesus se naam. Amen.

Vraag

In watter areas van jou lewe kan jy vandag oorgawe beoefen, met die vertroue dat God se wil volmaak is, en sy planne vir jou goed is?

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid