Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 38 VAN 43

Leef ’n Lewe van Genade

Lees: Hebreërs 4:14-16

SOAP: Hebreërs 4:15-16

"Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

Oordenking

Liewe vriendin, ek hou baie van hierdie verse, want dit wys vir ons dat ons nie perfek hoef te wees om Jesus te nader nie. Hy verstaan ons swakhede, ons stryd en ons oneindige versoekings. Moederskap is so ’n seën, maar dit kan ook moeilik wees. Jesus verstaan. Alhoewel Jesus nooit gesondig het nie, was Hy van tyd tot tyd gefrustreerd met sy dissipels.

Ons moet as moeders onthou dat God baie geduldig is met ons onvolmaakthede. En terwyl Hy ons heilig maak, vergewe sy eindelose genade ons vir ons tekortkominge, ons swakhede en ons oomblikke van twyfel. Ons kan met vrymoedigheid na Hom toe kom deur gebed, waar ons met genade en hulp deur ons Verlosser ontmoet sal word.

Terwyl ons Hom dien en ons kinders grootmaak, moet ons onthou dat genade die sleutel is. Moederskap gaan oor gehoorsaamheid, oorgawe en diens. Dit gaan daaroor om God se genade aan ons kinders te modelleer. Hulle is nie perfek nie, net soos ons nie perfek is nie.

Wanneer ons kinders verstaan dat hulle verhouding met God nie op hulle volmaakte gedrag gebaseer is nie, maar op sy volmaakte liefde, verander dit alles.

So liewe vriendin, in al ons onvolmaaktheid, kom ons leun op God se genade. Kom ons nader sy troon met vertroue, wetende dat Hy ons sal vergewe. Kom ons gaan ook voort om Hom vir hulp te vra in ons spesifieke versoekings en stryd sodat ons ons sondes kan oorwin.

Kom ons leef hierdie genade in ons huise uit, en wys vir ons kinders dat hulle nie geliefd is omdat hulle volmaak is nie, maar omdat hulle kosbaar is in sy oë.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die gawe van u genade. Help my om ’n lewe te lei wat u genade in elke woord en daad weerspieël. Help my om genade aan my familie te betoon en my kinders te leer van u liefde, vegifnis en genade. Amen.

Vraag

Hoe kan jy God se genade in jou daaglikse interaksies met jou gesin demonstreer, hulle help om sy liefdevolle genade te verstaan en aan te neem?

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid