Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 35 VAN 43

'n Evangelie-gesentreerde Huis

Lees: Efesiërs 2:1-10

SOAP: Efesiërs 2:8-9

"Julle is inderdaad uit genade te gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie."

Oordenking

Liewe vriendin, in ’n wêreld wat dikwels ’n persoon se waarde aan intelligensie, sukses en prestasies meet, moet ons ons kinders leer dat hul waarde nie is in wat hulle kan doen nie, maar eerder aan wie hulle behoort. Ons waarde word nie deur wêreldse standaarde gedefinieer nie, maar deur die genade van God. Dit is nie in die "doen" nie, maar eerder in die "wees" – om kinders van God te wees, gered uit genade deur geloof alleen.

As mammas moet ons ’n lewe modelleer wat geloof, getrouheid en gehoorsaamheid waardeer bo grade, sport, toekennings of godsdienstige aktiwiteite. Ons moet vir ons kinders wys dat sukses in God se oë nie gaan oor toekennings of prestasies nie, maar om ons lewens aan Jesus oor te gee. Deur die ewigheid voor oë te hou, kan ons die hoop en versekering by hulle inboesem dat wat ook al in hierdie lewe gebeur, ons werklike tuiste en uiteindelike vreugde in Christus is. Die evangelie se lig moet skyn in alles wat ons dink, sê en doen. Ons leef vir ’n gehoor van Een.

Laat elke aksie, gesprek en besluit dus in ons evangelie-gesentreerde huise terugwys na hierdie waarheid: ons is gered deur geloof, ons lewe deur geloof, en ons ontvang die eindelose genade van God deur daardie selfde geloof.

Gebed

Liewe Jesus, help my om ‘n huis te kweek waar u evangelie die hoeksteen is. Help my om my kinders die skoonheid van u genade te leer en die vreugde om ’n lewe gefokus op U te leef. Mag ons huis ’n weerspieëling wees van u liefde en ’n plek waar geloof floreer. Amen.

Vraag

Hoe kan jy die beginsels van genade en geloof in jou daaglikse gesinslewe inkorporeer om ’n evangelie-gesentreerde huis te koester?

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid