Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 4 VAN 14

'n Kritiese gees (1)

God sê: "Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee" (Romeine 14:10-12).

Die uitvloeisel van mense met 'n kritiese gees, is vyandigheid teenoor mense, beterweterigheid en verwaandheid. Iemand met ‘n kritiese gees praat dikwels neerhalend van ander mense. Die vraag is nie of daar waarheid is in wat jy sê nie, maar of dit wat jy sê genesing en herstel bring, ander waardeer en wys dat jy ander eer as mense wat deur God geskep is. 'n Kritiese gees sal altyd lei tot skinder, laster, kritisisme, jou mense in die rug laat steek en jy sal gou wees om ander te oordeel en te veroordeel.

"Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ’n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n ander ’n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge" (Romeine 2:1).

"Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal, en intussen is daar ’n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal" (Matteus 7:-1-4).

'n Kritiese gees kan die gevolg wees van volgehoue vernedering of verwerping. Dit lei dikwels tot rebellie of bitterheid. Ter selfverdediging sal jy daarop wys dat die ander persoon ook foute het. 'n Kritiese gees en veroordeling kom gewoonlik voor by mense wat deur hebsug, jaloesie en selfbejammering beheer word.

'n Kritiese gees word dikwels verwar met 'n gawe van onderskeiding, of die gawes van wysheid, insig en kennis. Mense met 'n kritiese gees soek gewoonlik erkenning vir hulle "insig en vermoë om te onderskei." Foutvindery, kritiek en veroordeling is nie gawes van die Heilige Gees nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/