Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Selfbejammering (2)
Bevryding van selfbejammering
Derdens sal jy die feit moet aanvaar dat jou selfbejammering jou iemand maak wat deur mense vermy sal word. En dit lei gewoonlik tot meer selfbejammering.
Vierdens sal jy moet besluit om selfbejammering met positiewe gedagtes te vervang. Dit begin deur te weet wie Jesus jou gemaak het, dat Hy jou onvoorwaardelik lief het en die beste vir jou beplan. Dit bly egter jou keuse of jy in die modderpoel van selfbejammering wil bly rondrol en of jy vry wil wees van jou verlede en elke dag positief en “vorentoe” gaan lewe, in plaas daarvan om die hele tyd terug te kyk en oor alles te kla.
Vyfdens moet jy begin om dankbaarheid te beoefen. Dank God vir sy goedheid. Wees spesifiek — dit help om neer te skryf waarvoor jy dankbaar kan wees. Sê dankie vir mense wat goed is vir jou. Neem tyd om terug te gaan in jou verlede en vir mense te gaan dankie sê vir wat hulle vir jou gedoen en beteken het.
Sesdens, moet jy mense gaan soek wat hulp, liefde, sorg en bemoediging nodig het. Draai jou fokus weg van jouself.
Gehoorsaamheid: Gaan “doen” Filippense 4:6-7: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/