21 Dae Vas en GebedVoorbeeld
Gebed bestaan uit drie elemente:
- Dankbaarheid. Wanneer ons bid, kom ons met dankbare harte na God toe. Dankbaarheid is ’n element van aanbidding. Ons bring daarmee aan God al die erkenning en dank in ons harte. Deur dit in gebed te doen, wek daar lof en aanbidding tot Hom in ons op.
- Vertroue. Geloof is in sy kern vertroue op God. Ons verklaar in gebed ons vertroue in Hom en kan nie anders as om ons behoeftes en dié van ander aan Hom bekend te maak nie.
- Lof. Die begeerte om God te eer, aanbid en loof is teenwoordig in elke kind van God se hart. Dit lei tot die tipe gebed wat God verhef en vereer. Ons loof God nie alleen vir wat Hy vir ons doen of gaan doen nie. Ons loof Hom vir Wie Hy is – waardig!
Die doel van gebed is nie om God te kry om te doen wat ons wil hê of vra nie. Dit is om Sy wil in ons lewens en elke ander plek te sien geskied. Sulke gebede verbly God se hart. Ons hemelse Vader inspireer sulke gebede, hoor sulke gebede en beantwoord sulke gebede.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/