21 Dae Vas en GebedVoorbeeld
Hoe dikwels behoort ons vir 'n spesifieke behoefte te bid? Jesus se woorde in Lukas 11 is ’n les in gebed en is ook ’n antwoord op hierdie vraag.
Die woorde vra, soek en klop (Luk 11:9) is in die teenwoordige vorm. Dit beteken ons moet aanhou vra, soek en klop sodat daar gegee, gevind en oopgemaak sal word. Ons moet aanhou bid en vertrou sonder ophou.
Jesus was besig om Sy dissiples te leer hoe om te bid (11:1-4) toe Hy ’n voorbeeld gebruik het van ’n man wat om middernag by sy vriend aangekom het (11:5-8) om hom te vra vir drie brode. Die Here gebruik hierdie vertelling om die beginsel van aanhoudende gebed te verduidelik.
Die bedoeling met hierdie aanhoudende gebed is nie om lastig te wees of te pla nie (alhoewel dit die letterlike betekenis van die Griekse woorde is wat hier gebruik word). God word nie gepla tot Hy reageer nie. Dit verwys eerder daarna dat Hy graag op die vrymoedige en oop gebede van sy kinders wil reageer.
Lukas 11:1-10 moet ook saam met Matteus 15:21-28 gelees word as ons wil leer oor oënskynlik onbeantwoorde gebed. ’n Vrou van Kanaän kom na Jesus en versoek dat Hy haar dogter help. Jesus reageer nie op haar versoek nie, maar sy hou aan. Hy voldoen aan haar versoek toe sy aanhou. Hierdie vrou se geloof is getoets, en sy in beloon met genesing vir haar dogter.
Ons gebede word dikwels nie onmiddellik verhoor nie om ons geloof te toets en te versterk. Dit mag God se wil wees dat ons aanhou om Hom te vertrou. Ons druk daardie vertroue in gebed uit voordat Hy ons behoeftes beantwoord.
“Prayer is not overcoming God’s reluctance. It is laying hold of his willingness." – Martin Luther
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/