21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 15 VAN 21

Wanneer ons Skrifgedeeltes soos hierdie lees, kom die vraag in ons harte op: "Groei ek in my kennis van God?" Kennis van God beteken dat ons groei in ons verhouding met Hom en uiteindelik sou kon sê: "Ek ken God".

Dit kan nuttig wees om meer van iemand te weet, maar daar is ’n verskil tussen kennis en om iemand regtig te ken. Kennis verwys na inligting oor ’n onderwerp. Dit verskil drasties van wanneer om sou sê "ek ken daardie persoon". Laasgenoemde dui op diep en persoonlike kennis van wie die persoon is, waarvan hy hou, wat hygraag doen, watter dinge hy oor passievol is, ens.

Die wonderlike boodskap van die Nuwe Testament is dat ons God die Vader, Seun en Heilige Gees kan ken. Daar is baie elemente aan die verhaal van Job, maar hierdie aspek kom na vore wanneer Job die volgende stelling maak: "Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien." (Job 42:5.) Job het voorheen net van God gehoor, maar hier getuig hy dat Hy God gesien het. Dit beteken Hy was naby God, iets wat hy nog nie voorheen was nie. Job het gegroei van net kennis van God hê tot die voorreg om God werklik te ken.

Ons kan ook groei in ons verhouding met God. Hoe? Soek God. Prioritiseer jou verhouding met en verhoudingskennis van die Here. Doen dit prakties deur jou Bybel te lees (leesplanne soos hierdie kan ’n hulpmiddel wees), te bid en jou ook in aanbidding aan die Here oor te gee.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/