21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 18 VAN 21

Wat ’n gedagte! God wil graag dat ek en jy Sy heiligheid deel. Mense voel soms bang of onseker oor hierdie gedagte. Kan ons werklik God se karakter en heiligheid deel? Ons kan vir seker! Natuurlik nie tot die volle maat van God self nie. Maar God se intensie is dat Sy kinders juis Sy natuur sal nastreef. Hy gee ons die Heilige Gees en Sy Woord om dit moontlik te maak.

Ons behoort na meer as net heilige lewens te streef. Onthou, ons is in Sy beeld en gelykenis geskape en is deur Jesus se dood en opstanding ook kinders van God. Ons behoort ons hemelse Vader se aard meer en meer na te streef. Dink maar aan Sy liefde, genade, geduld, goedheid, ens.

As kinders van God deel ons in ons hemelse Vader se natuur. Ons kan en behoort daarin te groei. Ons is Sy kinders en verteenwoordigers. Ons is ook volgelinge van Jesus, dissipels wat Sy groot gebod en groot opdrag wil uitleef.

Die groot gebod en die groot opdrag is natuurlik verwant aan mekaar. Die groot gebod is om jou naaste liefde te hê (Mat22:36-40, en die groot opdrag is om Jesus se boodskap (die evangelie) met die wêreld te deel (Mat 28:16-20).

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/