21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 1 VAN 21

Wat is vas? Om te vas is nie nét om jouself van kos te weerhou nie. ’n Bybelse definisie sal wees: Vas is die vrywillige onthouding van kos vir ’n spesifiek tyd met die doel om jou te verdiep in jou verhouding met die Here.

Matteus 6:16-17 en 9:14-15 meld ’n baie belangrike aanname deur Jesus. Jesus sê eers "Wanneer julle vas" (6:16a) en dan "wanneer jy vas" (6:17a). Hy volg dit op met die uitdruklike stelling "Dán sal hulle vas" (9:15b). Hy neem aan dat Sy dissipels sal vas. Daar word deur die hele Nuwe Testament heen veronderstel dat Jesus se dissipels – en dit sluit ons vandag in – sal vas.

Verbind jou daartoe om vir een-en-twintig dae lank op ’n bepaalde manier te vas. Onthou, die doel van vas is nie om jouself van iets te weerhou en jou jammer te kry nie. Dit is juis dat ons vir ’n sekere tydperk iets in ons lewe prysgee om in ruil daarvoor meer van God te kan kry en beleef.

Daar is verskillende soorte vas in die Bybel. Hier is ’n kort lys van die mees algemene tipes vas:

  • Volledige vas: drink vloeistowwe maar weerhou jou van enige kos
  • Selektiewe vas (Daniëlvas): weerhou jou van sekere kossoorte
  • Gedeeltelike vas: weerhou jou van ’n hele maaltyd – eet bv. ontbyt en middagete maar nie aandete nie
  • Sielsvas: weerhou jou vir die vasperiode van iets (buiten kos) wat ’n groot invloed op jou uitoefen of baie van jou tyd in beslag neem, soos bv. sosiale media en die kyk van TV.

"Prayer is reaching out after the unseen; fasting is letting go of all that is seen and temporal." – Andrew Murray

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/