21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 12 VAN 21

Ons kan, met Dag 11 se leesstuk in gedagte, nou let op die meer praktiese sy. Wanneer ons God se beloftes bid, doen ons wat Sy Woord ons leer om te doen. Ons reageer op Jesus se opdrag en ’n belofte: "Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is" (Mat 7:24). Dit is nie ’n goedkoop "name it and and claim it"-lering nie. Ons is gehoorsaam wanneer ons God se Woord wat op toepassing is vir die situasie wat ons beleef, bid.

Bid volgende keer wanneer jy met die volgende situasies gekonfronteer word, die toepaslike Skrifgedeelte:

  • Uitdagings: Romeine 8:37 (NLV): "Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het." (Lees ook 1 Joh 4:4, Luk 10:19.)
  • Finansiële uitdagings: Filippense 4:19 (NLV): "Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het." (Ps 1:1-3)
  • Ontsteltenis: Psalm 27:1 (NLV): "Die HERE is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees? Die HERE is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?"
  • Siekte: Psalm 103:2-3 (NLV): "Ek wil die HERE prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes."
  • Veiligheid: Psalm 121:8 (NLV): "Die HERE hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd."

Jy kan natuurlik die psalms as fantastiese gebede gebruik. Begin gerus met Psalms 23, 51 en 145.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/