Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 35 VAN 43

Lees: Nehemia 13:1–3; Numeri 22:1–14; Rut 1:16–17; 2 Timoteus 3:16–17

SOAP: 2 Timoteus 3:16–17

"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk."

Oordenking

God het Israel as sy volk gekies. Hy het hulle uit slawerny gelei, deur die woestyn en in die beloofde land in. Die volk moes Syne bly en hulle mag met niemand van die nasies wat hulle omring het trou nie, veral nie die Ammoniete en Moabiete nie. Albei hierdie nasies het Israel teëgestaan terwyl hulle deur die woestyn getrek het en die Moabiete het selfs vir Bileam gehuur om Israel te vervloek.

Die doel om God se volk apart van die omliggende volke te hou was omdat God geweet het dat sy volk maklik op ‘n dwaalspoor gelei kon word en in afgodery kon verval. As ‘n Moabiet of Ammoniet egter van hul heidense weë weggedraai het en God heelhartig volg, is hulle in die volk van God verwelkom. Rut, 'n Moabiet, is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Sy het weggedraai van die weë van haar mense en gekies om Naomi se God te volg. Rut was in die geslagslyn van die grootste koning van Israel en was in groot eer onder God se volk gehou weens haar getrouheid.

Dit was nie die eerste keer dat die ballinge hulle moes bekeer van hierdie spesifieke sonde nie. Hulle het ondertrou en is voorheen deur die afgode van ander nasies op ‘n dwaalspoor gebring. Nehemia 9:2 en 10:28 toon vorige gevalle waar die mense hulle bekeer en van hierdie sonde weggedraai het. Die gebeure in hoofstuk 13 het ongeveer dertig jaar later plaasgevind, wat toon dat alhoewel hulle berou gehad het, die volgende geslag weer ongehoorsaam was.

Tog was God getrou en sy Woord het mense nie onveranderd gelaat nie. Toe die mense dit gelees het, het hulle gereageer, berou gehad en van hul sondes weggedraai. Al het hulle teruggeval in ‘n patroon van sonde het God medelye met sy volk gehad. Sy Woord was effektief en het sy mense tot bekering gelei. Dieselfde geld vir ons. Selfs wanneer ons in sondige patrone verval, is God getrou en geduldig met ons. Hy sal sy Woord gebruik om ons tot bekering te roep. Soos die Jode kan ons ons bekeer en na Hom terugkeer, dit maak nie saak wat ons gedoen het nie.

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans