Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 38 VAN 43

Lees: Nehemia 13:4–14; Matteus 21:12–16

SOAP: Matteus 21:13

“En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word, maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak!”

Oordenking

Nadat die Jode uit hul ballingskap in Babilon na Israel teruggekeer het, het hulle begin om die tempel van God te herstel. Daar was egter baie komplikasies langs die pad. Een het plaasgevind toe Eljasib, die priester, die stoorkamers van die tempel oorgeneem het en Tobija toegelaat het om een daarvan vir sy persoonlike besittings te gebruik, in plaas daarvan dat dit vir voorrade vir tempelaanbidding te gebruik. Toe Nehemia dit uitvind was hy woedend.

Baie jare later het ‘n ander afstammeling van Juda gevind dat dieselfde tempel onbehoorlik gebruik word. Jesus het dadelik in die tempelvoorhof ingegaan en tafels omgegooi en die geldwisselaars en diegene uitgejaag wat die tempel van God misbruik het. Hy het hulle uit die tempel verdryf om plek te maak vir aanbidding soos dit bedoel was.

Hierna het blindes en kreupeles na Jesus in die tempelhowe gekom en Hy het hulle gesond gemaak. Jesus het nie net diegene wat handel dryf verdryf om ‘n punt oor die heiligheid van God en die heiligheid van die tempelruimtes te bewys nie; Hy het dit ook gedoen om plek te maak vir diegene wat God werklik nodig gehad het, diegene wat die genade, deernis en genesing nodig gehad het wat net Hy kon bied.

Net so, toe Nehemia die tempel van Tobija se besittings skoongemaak het, het dit plek gemaak vir die regte tiendes en porsies vir die Leviete en priesters. Die tempel het weereens ‘n plek van seën geword, ‘n plek waar die volk van God Hom kon ontmoet.

Vandag gaan ons nie na ‘n tempel toe om God te aanbid nie. Sy teenwoordigheid woon in ons harte deur sy Heilige Gees. Terwyl ons kyk na die maniere waarop die tempel van God veronderstel was om behandel te word, wat beteken dit vir ons harte? As die tempel vry sou wees van vreemde besittings en die liefde vir geld, moet ons harte ook wees.

As ons Hom nooi sal Jesus dieselfde reinigingswerk in ons harte doen as wat Hy in die tempel gedoen het. Hy kan ons harte vernuwe en behoorlike aanbidding aan Hom herstel. Ons harte kan ‘n huis van gebed word as ons Hom sy reiningingswerk laat doen. In Jesus word heelheid en lewe aan ons gegee. Vernuwing en herstel is sy beloftes. Daarvan kan ons seker wees.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans