Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld
Lees: Nehemia 13:30-31
SOAP: Nehemia 13:31b
"Onthou dit tot my voordeel, my God! "
Oordenking
Nehemia het ongelooflike dinge vir Israel gedoen. God het hom as die leier van sy volk aangestel toe hulle gebroke en kwesbaar was. Beide liggaamlik en geestelik het God Nehemia gebruik om sy volk te herbou. Nehemia was gefokus en toegewyd om die muur te herbou. Hy het niks toegelaat om die herbouing te stuit nie. Hy het die mense opgepas en hulle aangemoedig wanneer dinge moeilik was. Hy het hulle beskerm en hulle uitgedaag om standvastig te bly terwyl hulle hard gewerk het om die mure van Jerusalem wat God se volk sou beskerm en afsonder te herbou.
Toe die mure uiteindelik staan, was Nehemia en die ander leiers getrou om die mense weer die wet te leer. Hulle het die feeste weer ingestel, die sabbat ernstig opgeneem en die mense gestraf omdat hulle met heidene getrou het. Terwyl die mense aanvanklik toegewyd was en die verbond onderteken het, het dit nie lank geneem voordat hulle in sondige patrone teruggeval nie. Nehemia was getrou om die mense elke keer van hul sonde terug te lei. Hy het deur gebed getrou gebly in sy wandel met God.
Nehemia was nie bekommerd oor hoe die mense hom onthou het nie, of dat hy enigsins deur die Jode onthou sou word nie. Wat hy begeer het, was dat God die maniere sou onthou waarop hy getrou was om sy volk te herbou en te herstel. Nehemia wou God se goedkeuring en applous hê, niemand anders s’n nie. Nehemia wou onthou word vir die maniere waarop hy die harte van God se volk herstel het, nie vir die muur wat hy gebou het nie.
Nehemia is ‘n ongelooflike voorbeeld, nie net van ‘n godvrugtige leier nie, maar van ‘n getroue dienaar van God. Ons kry dalk nie posisies van leierskap soos Nehemia gehad het nie, maar God het aan elkeen van ons ‘n spesifieke roeping en taak gegee. Mag ons getrou wees en uit Nehemia se voorbeeld leer. Mag ons werk vir God se goedkeuring alleen en mag ons onthou dat ware suksesse en oorwinnings behaal word wanneer harte (beide ons s’n en ander) na God gewend word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans