Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 40 VAN 43

Lees: Nehemia 13:23-29; Efesiërs 6:10-18

SOAP: Efesiërs 6:11-12

"Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug."

Oordenking

Vandag se gedeelte lyk bekend, nie waar nie? Dit is omdat dit die vierde melding in Nehemia gaan oor die volk van God wat met vreemdelinge trou. Nehemia het reeds met die mense hieroor gepraat en hulle gewys waarheen hulle afgodery hulle sou lei. Maar dit was ‘n sonde wat wyd voorgekom het en herhalend gebeur het. Dit moes voortdurend aangespreek word en Nehemia se intensiteit was geregverdig.

Hierdie keer het die kleinseun van die hoëpriester (die persoon wat in die Allerheiligste ingegaan het, waar die teenwoordigheid van God sou woon) met die dogter van Sanballat getrou het. Dis reg, die geestelike leier van God se volk het nie ingegryp en sy kleinseun verhinder om met die dogter van die die Jode se grootste vyand te trou nie, dieselfde man wat oor en oor probeer het om die herbou van die mure van Jerusalem te keer en te Nehemia te diskrediteer. Geen wonder dat Nehemia die mense so swaar gestraf het nie!

Dit is maklik om na hierdie gebeure te kyk en te glo dat dit nooit met ons sal gebeur nie. Sonde sluip egter stadig in. Ons vyand is slinks, soos Sanballat, wat voortdurend probeer om ons harte en lewens te infiltreer totdat hy die ding vind wat ons oor en oor laat struikel. Ons moet, soos Nehemia, vinnig reageer wanneer ons ons sonde of die sonde van ander in die liggaam van Christus besef.

Ons is nie alleen in ons stryd teen die vyand en sonde nie. God het sy Woord en sy mense aan ons gegee om ons te help om aan Hom getrou te bly. Ons moet onsself voorberei en vasstaan, elke dag onthou dat ons in ‘n stryd leef en ons moet bereid wees om te veg. Ons moet ons sondes ernstig opneem en God vra om ons te help om dit te oorkom. Hy sal ons help. Selfs wanneer ons misluk, het ons ‘n liefdevolle, genadige en deernisvolle God wat lankmoedig is, een wat reeds met ons sondes afgereken het deur sy Seun te stuur om in ons plek te sterf. Terwyl ons so lank as wat ons op hierdie aarde lewe met sonde sal worstel, kan ons berus in die feit dat die stryd reeds in Christus gewen is en dat ons in die hemel uiteindelik volmaak sal wees.

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans