Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 33 VAN 43

Lees: Nehemia 12:27–43

SOAP: Nehemia 12:43

"Daar is daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly. God het hulle groot blydskap gegee. Ook die vrouens en kinders was bly. Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor."

Oordenking

Die herbou van die muur het baie vir die mense van Jerusalem beteken. Dit het beskerming teen buitelandse aanvallers en God se guns aan Juda beteken. Nadat die muur herbou is, was dit tyd vir die volk Israel om die vrugte van hul arbeid te geniet.

As deel van hierdie viering het die mense van Jerusalem bymekaargekom. Hulle het die muur aan God opgedra en Hom geprys vir die voltooiing van die werk en die hernuwing van die verbond. God het iets groots vir sy mense gedoen en hulle was gehoorsaam om sy groot werk te herdenk en te vier.

Hulle feesviering was so groot dat dit van ver af gehoor kon word. Selfs op ‘n afstand het mense die viering van God se goedheid gehoor. Diegene wat die herbou teëgestaan het, het ongetwyfeld die groot gejubel van die volk van God gehoor.

Hoe gereeld stop ons om fees te vier wanneer ons bewyse sien van God wat in ons lewens werk? Wanneer ‘n gebed verhoor word of wanneer God ‘n wonderwerk in ons lewens doen, gaan ons dikwels voort sonder om dit te vier. Dit kan maklik wees om die wonders wat God vir ons gedoen het te vergeet wanneer ons nie die tyd neem om stil te staan, Hom te dank en ons in sy goedheid te verheug nie.

Dit is nie ‘n onbelangrike saak nie, want ons word beveel om te “jubel in die Here" (Filippense 3:1) en om "jou te verlustig in die Here" (Psalm 37:4). God wil hê dat ons ons hoogste vreugde in Hom moet vind.

Hoe kan ons leer om ons meer in God te verheug? Dit is moeilik om dit te doen wanneer ons ons gedagtes met ander dinge vul, veral wêreldse vermaak – dinge waarna ons op TV kyk of op ons fone sien. Ons moet veg teen alles wat ons vreugde in God verminder. Ons kan ons nie in God verlustig wanneer ons verstand nie met Hom besig is nie. Ons kan ook nie in Hom bly wees as ons nie kan sien hoe heerlik en wonderlik Hy is nie. Ons kan – en moet – Hom vra om meer van Homself aan ons te openbaar wanneer ons die Bybel lees en oor sy woorde en beloftes nadink, want “in [sy] teenwoordigheid is daar volheid van blydskap” (Psalm 16:11).

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans