Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 32 VAN 43

Lees: Nehemia 11:1—12:26; Galasiërs 6:6–10

SOAP: Galasiërs 6:9

"Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel."

Oordenking

God was nie gemoeid met die herbou van slegs 'n muur om die stad te beskerm nie. Waaroor Hy werklik omgegee het, was die harte van sy mense wat na Hom terugkeer. Die muur was die eerste stap. Terwyl die volk hulle weer aan God se wet verbind het, het hulle alles gesien wat in sy verbond ingesluit was.

Hierdie nuwe verbond het ingesluit dat hulle hul aanbidding en hul offergawes opnuut aan God gee. En dit het ook die keuse van daardie leiers en verteenwoordigers van die mense ingesluit wat in Jerusalem sou woon. Die leiers het hulle daar gevestig, en die lot is onder die mense gewerp om een ​​van elke tien binne die mure van die stad te laat woon. Destyds was die woongebied van die stad redelik klein, net sowat twintig hektaar. Nie al die mense kon daar woon nie, en die mense het hul seën gegee aan diegene wat vrywillig hul huise en grond verlaat het om in die stad te woon.

Om in die stad Jerusalem te woon was betekenisvol: diegene wat in die stad gewoon het, het gewerk om die volk van God teen hul vyande veilig te hou en hulle daartoe verbind om die wet van God na te volg. Hulle het verstaan ​​dat hierdie opdrag deur God gegee is, dat hulle God se tempel moet bewaak en dat hulle gehoorsaamheid 'n daad van aanbidding was.

God het die Jode die groot taak gegee om te herbou. Hierdie herbouing was meer as net fisies. Die fisiese muur is herbou, maar die herbou van die harte van die mense en die ritmes van aanbidding vir die volk was aan die gang. Die leiers het dit erken en maniere vasgestel om voort te gaan met die werk wat God hulle gegee het om te doen.

Ons is dalk nie besig om 'n muur te herbou of aanbidding vir 'n hele volk te hervestig nie, maar God het ongetwyfeld vir elkeen van ons belangrike werk gegee. Soos Nehemia en die leiers van die Jode, moet ons net so getrou wees in die onsigbare werk as wat ons in die sigbare is. Een belangrike werk wat meestal onsigbaar is, is om vir ander te bid. God wil mense hê wat vir hul gesinne, kerke, nasies en die mense wat nog onbereik is te bid. Mag ons bereid wees om hierdie harde werk van voorbidding te doen, selfs in die afsondering van ons kamers waar niemand behalwe God ons sien nie.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans