Bid Deur AngstigheidVoorbeeld

Praying Through Anxiety

DAG 7 VAN 7

Kies waarop jy wil fokus en hernu dan jou denke

Ons plaas ter wille van jou gerief, weer die vyf Skrifgedeeltes waarvan ons gister melding gemaak het. Lees dit vandag weer 'n keer. Het jy dit al neergeskryf? Memoriseer dit dan! Voeg daarby enige ander Skrifgedeeltes wat jou in hierdie leesplan getref het.

Wanneer jy ook al in die versoeking kom om weer bekommerd te raak, kan jy hierdie verse tot God rig.

Onthou: "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle" (1 Petrus 5:7).

Onthou: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee" (Filippense 4:13).

Vandag se Gebed:

Here, baie dankie dat U vir my die krag gee om alle omstandighede in die gesig te staar — insluitend angstigheid. Ek bid dat ek krag uit die waarhede in u Woord sal put wanneer ek voel dat angs my bekruip. Mag u woorde my in die angstige oomblikke met hoop vervul. Mag hulle in my vrees en hartseer soos lig in donkerte skyn. Mag hul waarhede elke leuen verdryf en elke gedagte wat nie van U af kom nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

Wat volg hierna?

Indien jy hierdie leesplan nuttig gevind het, kan jy dit oorweeg om by die gebedsgemeenskap van die Amerikaanse Bybelgenootskap aan te sluit. Kom bid saam dat ander in nood ook hoop in die Woord van God sal vind. Teken in by abs.bible/prayer om aan te sluit.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Praying Through Anxiety

Angstigheid kan ons lewens enige oomblik bekruip. Dit beteken egter nie dat dit by ons hoef te bly nie! Jy kan angstigheid en die vernietigende effek daarvan oorwin deur met God 'n verbintenis te maak in gebed en met die kragtige beloftes in sy Woord, ongeag wat tans in jou lewe aangaan. Reis die volgende paar dae saam met ons terwyl ons stappe doen om die houvas wat angstigheid op ons lewens het, te beëindig en dit met vrede uit die Woord van God te vervang.

More

Ons wil graag die Amerikaanse Bybelgenootskap bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://americanbible.org/prayer/