Bid Deur AngstigheidVoorbeeld

Praying Through Anxiety

DAG 5 VAN 7

Vernietig die Leuens van Angstigheid

Angstigheid vertel vir ons leuens. Dit vul ons liggame met vreemde gevoelens, vrees en skaamte — en dit sonder ons af. Dit folter ons daagliks soos 'n boelie op die skoolgrond deur dinge te sê soos: God gee nie vir jou om nie, rampe is onvermydelik, jy kan nie daarvan ontsnap nie en jy kan niemand vertrou nie.

Angstigheid is egter nie in waarheid gevestig nie. As jou denke angstig is, het dit die prooi van leuens oor jouself, jou omstandighede, jou toekoms en God geword. Daardie leuens vermom hulle in ons verbeelding sodat dit vir ons soos werklike situasies voorkom.

Tog kan ons die leuens van angstigheid beveg met die hulp van die Heilige Gees en die krag van die Skrif.

Gee die waarhede uit die Woord van God die geleentheid om jou gedagtes te heroriënteer sodat jy meer vryheid en vreugde kan ervaar. Hier is vier waarhede waaraan jy vandag kan vashou:

  • God het my lief en gee vir my om. Glo jy dat God jou onvoorwaardelik liefhet? Hy het — en só baie! Hy gee om oor dit waardeur jy gaan. Hy wil jou veilige hawe en toevlugsoord wees. Namate jy begin verstaan hoe lief God jou het en dit jou eie maak, sal vrees ophou om jou te folter, want "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees ..." (1 Johannes 4:18).
  • God is in beheer. Ons raak angstig wanneer ons nie ons omstandighede kan beheer nie en vergeet om God te vertrou. God is egter oppermagtig en Hy heers in wysheid. Ondanks hoe dit mag voorkom, kan ons vertrou dat God in beheer is en "Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie" (Psalm 121:4).
  • God sal my nooit in die steek laat nie. Angstigheid wil graag hê om moet in ons omstandighede baie eensaam voel. God belowe egter: "Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie" (Deuteronomium 31:6b). Voor watter situasie jy ook al in enige lewenstydperk te staan kom, kan jy weet Hy is by jou met elke tree wat jy gee. Die wete dat God altyd by jou is en jy niks alleen hoef aan te durf nie, sal aan jou vrede gee.
  • God het net die beste vir jou in gedagte. Wanneer jy voor moeilike omstandighede te staan kom, kan jy dalk in die versoeking kom om te glo dat God nie aan jou kant is nie. In Romeine 8:31 staan: "God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?" Die Skrif herinner ons ook in vers 28: "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." God is goed en dis in sy karakter om vir jou goed te wees. Selfs al lyk dit of jou omstandighede nie verander nie, kan jy glo dat God in jou werk om gedurende elke lewensstorm geloof, hoop en vertroue in jou voort te bring.

Vandag se Gebed:

Here, ek weet dat U my liefhet en vir my omgee. Daarom wil ek myself vandag van bekommernis losmaak. Laat my vertroue in U groei. Selfs wanneer ek onseker voel, sal ek my hoop in U en u goeie doelwitte vir my lewe plaas. Help my om valse denkpatrone af te breek en lei my op u weg van waarheid. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Praying Through Anxiety

Angstigheid kan ons lewens enige oomblik bekruip. Dit beteken egter nie dat dit by ons hoef te bly nie! Jy kan angstigheid en die vernietigende effek daarvan oorwin deur met God 'n verbintenis te maak in gebed en met die kragtige beloftes in sy Woord, ongeag wat tans in jou lewe aangaan. Reis die volgende paar dae saam met ons terwyl ons stappe doen om die houvas wat angstigheid op ons lewens het, te beëindig en dit met vrede uit die Woord van God te vervang.

More

Ons wil graag die Amerikaanse Bybelgenootskap bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://americanbible.org/prayer/