21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 8 VAN 21

Maak Iemand 'n Dissipel

Terwyl jy jouself aan die Vader toewy, in jou geloof groei, na die fluisterstem van die Heilige Gees luister en op die uitkyk is waar om ander mense lief te hê en te dien, nooi iemand om dit saam met jou te doen. Voeg jou geloof by iemand anders s'n.

Titus 2 moedig die ouer vroue aan om die jonger vroue in godvrugtigheid te onderrig, hulle te leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees en verstandig en kuis te lewe. Dit klink dalk na 'n handvol om iemand 'n dissipel te maak en die volgende geslag van God se goedheid te vertel. Terwyl ons mekaar onderrig, deel ons ons littekens, wonde en hoe Jesus die antwoord in ons moeilike tye was. Ons maak dissipels as ons ander nooi om in hulle geloof te groei.

Wanneer jy besluit om iemand 'n dissipel te maak:

Wees beskikbaar. Soek na tye in jou program wanneer jy tyd sal hê om aan iemand anders te wy. As jy dink jy het nie tyd nie, kyk na wat jy alreeds doen en waarheen jy 'n ander vrou saam met jou kan nooi.

Wees eerlik. As jy eerlikheid van 'n vrou verwag wat jy besig is om 'n dissipel te maak, moet jy ook eerlik in jou optrede wees. As jy op 'n afstand bly en perfek voorkom, kan dit 'n kloof veroorsaak wat skeiding tussen haar situasie en jou sogenaamde perfekte lewe kan bring.

Stel 'n voorbeeld. Terwyl jy 'n lewe saam met Jesus nastreef, sal dit dikwels duidelik wees sonder dat jy 'n woord hoef te sê. Iemand leer meer uit die voorbeeld wat deur 'n mentor gestel word as die onderrig self. Terwyl sy 'n godvrugtige lewe aanskou, sal sy die reddende genade van Jesus sien werk.

Wees 'n luisteraar. Julle tye saam moet 'n veilige hawe vir haar wees om haar hart met volkome vertroue uit te stort. Dis maklik om raad te gee, maar jy moet eerder luister. Terwyl sy haar hart oopmaak, sal jou vriendelike oë en glimlag haar meer aanmoedig as wat jy kan dink.

Wees biddend. Bid gereeld vir haar. Bid saam met haar en vir haar. Glo dat sy openbaringe en wysheid sal kry wanneer sy Jesus se hart opsoek en dat die vrug van die gees in haar lewe te voorskyn sal kom.

Bly gesond. Mentorskap is nie moederskap nie. Jy is nie uitsluitlik verantwoordelik vir haar geloof, groei en foute nie. Sy is. Streef jou eie emosionele geestelike gesondheid na, om haar vanuit gesondheid te mentor.

Jy sal God se rykste seëninge teëkom terwyl jy iemand anders 'n dissipel maak. Wanneer jy die laste en oorwinnings van ander deel, sal jy die koninkryk van God uitbrei vanuit jou huis, na jou dorp en die uiterstes van die aarde. Mag jy alles sien en beleef wat God beplan, terwyl jy dissipels maak.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting