21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Glo dat jy Geliefd is
By elke geleentheid moet ons herinner word dat ons meer as genoeg is. Ons is waardig. Soms mors ons tyd, energie en doelgerigtheid om ons waarde te soek, in plaas daarvan om vanuit 'n posisie van waarde te leef.
Dis nie ongewoon vir jongmense om hul waarde in iemand anders te soek nie, goedkeuring van "hulle" of in 'n mooi gesig en dun middeltjie nie. In ons twintigs of dertigs vind ons waarde in ons huis, ons man, ons werk, ons beursie en moontlik 'n paar rekmerke na ons kinders se geboorte. Ons wil so graag goed lyk en alles hê. Dan sal ons liefde waardig wees, nie waar nie?
Net soos so baie ander het ek ook probeer om myself te verander sodat ek kon wees wat ander mense van my verwag het om te wees. Daar is in wese niks verkeerd met mooi karre, 'n dun middeltjie en 'n goeie werk nie. Dit word egter 'n ernstige probleem as dit alles in ons lewens word, selfs belangriker as ons verhouding met Jesus. Ons gaan voort om ons waarde te verdien deur dit wat ons doen of besit, in plaas daarvan om soos 'n dogter van die Koning te leef.
Die waarheid is dat ons geliefd is. Elkeen van ons.
1 Johannes 4:10 sê: "Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes."
Die gawe van liefde is alreeds ons s'n. Daar is geen openbare erkenning wat ons diepste begeertes kan versadig nie. Dit wat die verskil maak is wat ons van onsself glo, gesien in die lig van God se reddende genade.
Ons kan maar net eenvoudig onsself wees. Nie 'n nagemaakte weergawe nie, net onsself. Onvolmaak en vol foute. Ons kry dit as ons die Meester aanroep. Die Verlosser. Die Meester het sy Seun gestuur omdat jy die moeite werd was. Die Verlosser wil elke pyn, sonde en verlies wegneem, want deur Hom is volkome verlossing moontlik.
Mag ons, in 'n verrotte samelewing, waar jy net waardevol is as jy die regte velkleur het, die regte gewig, die regte werk, regte kar en invloed — die werklike waarde van elkeen, insluitende ons, luidkeels verkondig. Nie deur verwagtinge gedefinieer nie. Mag ons waarde en liefde teenoor onsself en ander om ons uitspreek, as gevolg van die onvoorwaardelike liefde van God. Sonder uitsondering.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More